Die
Koepel Kunstesentrum bied konserte en opleidings- en vakansiekursusse in musiek en die
kunste vir professionele en amateurmusici, studente en
liefhebbers. Die jaarprogram, aktiwiteite en aktuele
kursusse verskyn op hierdie webwerf.
Die
Seminaarfasiliteite is beskikbaar vir
benutting deur buite-instansies wat hier seminare,
funksies, of byeenkomste wil aanbied.
Die
Forum vir Vroeë Musiek in Afrika is 'n vereniging
ter bevordering van die uitvoering van
nie-hedendaagse musiek op oorspronklike instrumente
en volgens historiese uitvoeringspraktyk, wat 'n
swaartepunt van die kunstesentrum se program vorm.
Akkommodasie op Deelfontein
Vakansieverblyf
op die afgeleë plaas Deelfontein in die hart van die
Koepel. Ervaar stilte en rustigheid vêr van die
stadgedruis. Akkommodasiemoontlikhede sluit in
Oom
Kosie se Plaashuis (Gastehuis, 11 beddens)
Oom
Hannes se Plaashuis (Gastehuis, 16 beddens)
Deelfontein Boskamp (Hutte, 16 beddens)
Aktiwiteite
Geniet 'n verskeidenheid
van opwindende buitelug-aktiwite:
Swem in die verhitte 15m swembad
Stap op 'n groot verskeidenheit voetslaanpaaie of op
die Meteoriet-Staproete
Fietsry op die bergfietsroete met 'n verskeidenheid
van maklike tot uiters tegniese roetes
Sterrekyk in die toegeruste sterrewag
Voëlkyk. Die vele habitatte op die plaas waarborg 'n
groot verskeidenheid voëlspesies
Deelfontein
Bergfietsroete
Meer as 50 km fietspaaie,
van maklik tot uiters tegnies, op grondpad, plaaspad en
doelgemaakte enkelbaanpaaie verken die vallei en die
bergkruine van Deelfontein. Vind meer uit oor die
gereelde wedrenne, die oefenmoontlikhede, en die
akkommodasie.
Deelfontein
Kunshandwerk
In die goed toegeruste
houtwerkswinkel en smidswinkel word opdragwerke in
handarbeid vervaardig. Leer die kunstenaars ken en kom
besoek die aanleg.
Deelfontein: 'n plaas
in die Vredefort Koepel
170 ha ongerepte bergland in die hart van die
Vredefort Koepel. Foto's en inligting oor die projekte op
die plaas, natuurbewaring in die Koepel, die Koepel
Meteorietpark, en die eienaar Gerhard Benadé.