Bespreek asseblief per epos, SMS of telefoon minstens 24 uur vooraf. Die ingangshek word gesluit en daar is nòg by die hek, nog elders op die plaas telefoonontvangs.

 

Die padaanwysings is op die hoofblad beskikbaar. Druk asseblief die aanwysings uit en moenie op GPS alleen staatmaak nie. Daar is geen telefoniese hulp vir verdwaaldes nie.

 

                            Akkommodasie

Ander fasiliteite op Deelfontein    Plaasdierbesoeke vir kinders    Akkommodasie vir groepe tot 46 persone     Musiekkampe  Seminare en funksies     Sterrewag    Handwerkswinkel        

Deelfonteinhof, Gastehuise, Rondawel en Boskamp

In die afgeleë suidwestelike kerngebied van die Vredefort Koepel, ongeveer 20 km van Parys en 14 km van Vredefort, lê die plaas Deelfontein tussen die hoë, konsentriese rante van Suid-Afrika se nuutste Wêrelderfenisgebied. Die ongerepte natuur en die interessante geologie van hierdie grootste en oudste meteoriet-letsel, asook vele geskiedkundige oorblyfsels van inwoners uit die vroeë steen- en ystertydperke, uit die Boere-oorlog, en van die goudmynbedrywighede, maak die Koepel ‘n gesogte toeristebestemming.

Deelfonteinhof, 'n akkommodasie-eenheid wat 'n eetsaal, kombuis, ontspanningskamers, en slaapkamers om 'n binnehof insluit, is tans in aanbou.

Twee gerieflike plaashuise met onderskeidelik 11 en 16 beddens, 'n rondawel vir twee, en ‘n boskamp vir diegene wat heeltemal van die beskawing wil wegkom, bied akkommodasie op Deelfontein. Die gastehuise lê omtrent 300 m uitmekaar, die rondawel is nog 300m verder, en die boskamp lê afgesonderd 1 km verder, sodat privaatheid gewaarborg is. Die fasiliteite is geskik om groepe tot 46 persone te akkommodeer.

Alle geboue op Deelfontein is met moderne waterlose kompostoilette toegerus om ons kosbare waterbronne te beskerm.

Ander Fasiliteite

Verskeie ruim seminaarkamers en geriewe vir funksies, wat 'n groot vleisbraai-area insluit, komplementeer die akkommodasie op Deelfontein. Die sterrewag kan vir sterrekykuitstappies bespreek word. Vir handwerk- en musiekkampe is toegeruste ruimtes beskikbaar.

Aktiwiteite

Die groot 15 m swembad lok tot swem uit. Op Deelfontein self bied ‘n groot verskeidenheid van korter en langer daguitstappies geleentheid om die omgewing te voet te verken. Hierdie voetpaaie vorm deel van ‘n staproete-netwerk van meer as 60 km, die Meteoriet-staproetes. Fietsrygeesdriftiges kan die groot verskeidenheid bergfietsroetes, wat wissel van maklik tot uiters tegnies, uitprobeer. Die Koepel is ‘n voëlparadys, en op Deelfontein voer die voetpaaie deur ‘n verskeidenheid van habitatte waar die voëlkyker tot sy reg kom. Vir ‘n brosjure van voëlspesies wat al in die Koepel aangeteken is, en vir begeleide toere, kontak Jan Fourie by 056 8112078.  Eweneens is die omgewing vir diegene wat in plante, reptiele en ander diere geïnteresseerd is, ‘n ryke veld. Bring gerus u veldgidse saam! Vir ‘n volledige boomlys, kliek hier. Die helder sterrehemel ver van die ligbesoedeling in die stede is steeds ‘n verrassing vir besoekers wat lank laas die melkweg gesien het. Vir begeleide sterrekyk-uitstappies, kontak die eienaar. Algemene inligting oor die naghemel oor Deelfontein vind u by www.skyandtelescope.com

In die onmiddellike omgewing bied verskillende produkeienaars ‘n ryk verskeidenheid aan aktiwiteite: Vlieghengel, perdry, witwaterkanovaarte op die Vaalrivier, en veel meer. Raadpleeg www.parys.co.za vir meer besonderhede.  

                                                                          

Besprekings

Gerhard Benade
Tel:   083 280 9784
gerhard(by)deelfontein.co.za

Inligting

Tariewe:

R300 pppn (Gastehuise)
R280 pppn (Rondawel)
R200 pppn (Hutte)

R120 pp (Dagbesoekers)

Afslag: 25%  
(minimum 6 persone, 2 dae)

Midweekafslag: 50%
(minimum 6 persone, 3 dae)

Deposito: 50% met
bespreking.

Kansellasiefooie:
4 weke, 50% van deposito
2 weke, volle deposito

Webadres: deelfontein.co.za