
Bespreek asseblief per epos, SMS of
telefoon minstens 24 uur vooraf. Die ingangshek word gesluit en daar is
nòg by die hek, nog elders op die plaas telefoonontvangs.
Die padaanwysings is op die hoofblad
beskikbaar. Druk asseblief die aanwysings uit en moenie op GPS alleen
staatmaak nie. Daar is geen telefoniese hulp vir verdwaaldes nie.
|
|
Aktiwiteite
Dagbesoekers is welkom op Deelfontein. Die tarief is
R120 per persoon, en sluit die gebruik van die roetes en
die boskamp in.
 |
Swem in
die groot 15 meter swembad, toegerus
met kleedkamers vir mans en dames en 'n
ontspanningsarea met braaiplek. |
 |
Fietsry op die
opwindende bergfietsroete van meer as 30
km oor grondpad, plaaspaaie, eenspoorpaaie en
moeilikheidsgrade van ontspannend tot uitdagend
tegnies. Kyk elders op hierdie webwerf vir
inligting.
|
 |
Daguitstappies
- op
Deelfontein bied ‘n groot verskeidenheid van korter en
langer
dagroetes geleentheid om die omgewing te voet te
verken. Vir ‘n volledige beskrywing van hierdie roetes,
kliek
hier. Die staproetes is ideaal vir
diegene wat op uitdagende terrein wil draf. |
 |
Die Meteoriet Staproetes
is ‘n netwerk van meer as 60 km van
voetslaanpaaie met drie oornagtingskampe, waarvan die
boskamp op Deelfontein een is.
|
 |
Voëlkyk
is op Deelfontein en in die hele Koepel-omgewing
moontlik. Vir ‘n volledige lys van voëlspesies wat
al in die Koepel aangeteken is,
kliek hier.
|
 |
Boomuitkenning
en algemene natuurstudie van ander plante,
reptiele en ander diere is in die omgewing moontlik.
Bring gerus u veldgidse saam! Vir ‘n volledige boomlys,
kliek hier. |
 |
Sterrekyk-uitstappies.
Die helder sterrehemel vêr van die ligbesoedeling in die
stede is steeds ‘n verrassing vir besoekers wat lank
laas die melkweg gesien het. Op Deelfontein is 'n
toegeruste sterrewag, waar begeleide
sterrekykaanbiedinge moontlik is. Dit is
noodsaaklik om lank vooraf te reël; kontak die
eienaar.
|
 |
Daar is verskeie
moontlikhede om Parys vir perdry. Inligting is
by
www.parys.co.za beskikbaar. |
 |
In die Koepel bied verskillende
produkeienaars ‘n ryk verskeidenheid aan aktiwiteite:
Vlieghengel, Witwaterkanovaarte op die Vaalrivier, en
veel meer. Raadpleeg
www.parys.co.za vir meer besonderhede.
|
|