Kursusse
VerslagMessiasMei18
BerichtCantareFeb18
VerslagSchuetz17
VerslagRequiemMaart17
VerslagSangJan17
VerslagKantatesOkt17
JohannespassieMaart16
VerslagSchuetzFeb16
VerslagSchuetzAug15
De Profundis
Clamavi 2013
Sangmeestersklasse Cramer 2012
Fagottissimo
2011
LOrfeo2012
Motettenchorreise 2010
Trio d'Anches 2010
Winterreise en
Schuetz Exequien 2013
Barok
strykerskursus 2009
Barokprojek
2012
Barokprojek 2011
De Meulder
2012
Lohmann
2010
Acis&Galatea 2010
Luitkursus 2012
Luitkursus 2010
Barokstrykerskursus 2008
Artikel in Pro Musica Sacra 2004 (Duits) |
|
Nuus
 |
Vierling boklammers
(Augustus 2016) |
Sedert 2012 bevind 'n kudde van inheemse veldbokke hulle op
Deelfontein. Die onmiddellike doelwit was om bokmelk vir eie
gebruik te voorsien en later uit oortollige produksie kaas te
maak.
Om die
diere op die plaas te hou het geblyk 'n groot uitdaging en
langdurige stryd te wees, maar intussen is die noordelike grens
ge-elektrifiseer wat uiteindelik tot die hele grens van die
plaas uitgebrei sal word. Intussen teel die bokke geweldig
vinnig aan, wat verstaanbaar is in die lig van 'n
tussenlamperiode van hoogstens 7 maande en die groot aandeel aan
meerlinggeboortes. In 2014 is die eerste drieling gebore, en in
Augustus 2016 het 'n skilderooi geboorte aan 'n vierling van
twee rammetjies en twee ooitjies geskenk. Gelukkig is daar ander
ooie wat help soog! |
 |
Waterlose toilette (Augustus
2018) |
Vir
enigiemand wat water wil bespaar of toilette sonder duur
rioolaanlegte wil installeer, is hierdie waterlose
kompostoilette wat op Deelfontein ontwikkel is en geproduseer
word, die antwoord. Dit is moontlik om die toilette in bestaande
of nuwe geboue te installeer. Negatiewe lugdruk onder die toilet
sorg dat reuke nie ontsnap nie. Die afval word na 'n tydperk van
ongeveer een jaar verkomposteer en onskadelik gemaak. Die
toilette is oor 'n tydperk van ses jaar ontwikkel en op
Deelfontein gebruik.
Dit word
in beton gegiet en met eposiedverf behandel om 'n gladde en
chemies weerstandige oppervlak te verkry. |
 |
Uitbreiding van die boerdery
(Januarie 2015) |
Kort nadat die eerste Nguni-beeste op
Deelfontein aangekom het, is die boerderyaktiwiteite uitgebrei
om ook inheemse bokke en skape in te sluit. 'n Klein groepie van
13 Damaraskape is vanaf Prieska in die Noordkaap gebring en het
intussen reeds tot 'n kudde van omtrent 50 diere aangeteel. Die
skape word vir weidingbeheer en vleisproduksie aangehou en is
goed aangepas aan die lokale klimaat van die Koepel. As inheemse
ras is hulle uiters weerstandig teen siektes en parasiete en
benodig minimale sorg. Weens die strawwe roofdierdruk vanaf
jakkalse en rooikatte moet die skape natuurlik snags op kraal
gebring word, wat nie in hulle natuurlike instink is nie, maar
aangemoedig deur byvoedings soos mielies en lek kon hulle koppe
gedraai word. |
 |
Vordering met die saal (Junie 2015) |
Na 'n lang tydperk van stilstand in die bouaktiwiteite aan die
gehoorsaal op
Deelfontein is in die loop van 2015 bouwerk weer hervat. Die
ring van oefenkamers om die sentrale saal van 240 vierkante
meter nader voltooiing. Die vloere is gegooi, die dakkonstruksie
met populiersparre
is voltooi, en die
finale dakbedekking word voor die koms van die reën beplan. Om
die gebou met die omgewing te laat insmelt, word die dakke met
gras bedek. Dit isoleer ook optimaal en sal later die ontkieming
van gras en ander kruide op die dakke begunstig. Die sentrale
saal kry 'n sinkdak omdat die groot spanwydte van 20 meter slegs
met 'n ligte konstruksie moontlik is. Voor die gebou word
geplavei met groot sementteëls.
Die verhoog het al sy sinkdak en selfs sonder dak is die
akoestiek reeds al goed. |
 |
Boerderyaktiwiteite
(November 2011) |
Deelfontein is 'n plaas van 170ha, en om die veld in 'n goeie
toestand te hou, is dit noodsaaklik om dit te bewei. In November 2011
is 'n Nguni-stoetkudde in samewerking met twee boere van die
Vredefortomgewing hier gevestig. Op die ou lande, wat sedert
ongeveer tien jaar onbewerk is, het pioniergrasse intussen
gevestig geraak, en dit is 'n interessante en noodsaaklike
uitdaging om goeie weidingsgrasse hier in te voer. Voorts noem
veertig bosveldhoenders en 'n Saanen-bok Deelfontein hul tuiste.
In lyn met die omgewingsvriendelike filosofie wat die
ontwikkeling van die Kunstesentrum ten gronde lê,
word voorsien dat die sentrum in die toekoms uit die opbrengs
van die plaas voorsien sal word. |
 |
Vee-hanteringsaanleg
(April 2012) |
Met die aankoms van
die beeste op Deelfontein het dit ook nodig geword om 'n kraal
en veehanteringsaanleg te bou. Na internetstudies en die
raadpleging van suksesvolle boere in die omgewing, is 'n
innovatiewe plan opgetrek wat die sielkunde van die beeste in ag
neem en die arbeidsinsette met die hantering minimeer. Die
bouwerk het in Februarie 2012 begin en die aanleg is in April
voltooi, net betyds vir die dragtigheidsondersoeke.
|
 |
Houer met instrumente kom op Deelfontein aan (Januarie 2012) |
In Desember 2011 is vir 'n tweede maal in
Gräfenhausen, Duitsland, 'n houer vir verskeping na Deelfontein
gelaai. Die inhoud -- twee pyporrels, twee klaviere, en verskeie
ander instrumente -- het in Januarie ongedeerd in Suid-Afrika
aangekom en binne 'n week is die groot orrelpositief met 8
registers reeds ingewy. Saam met die bestaande instrumentarium
bestaande uit 'n vleuel, 'n tweemanuaal konsertharmonium met
pedaal, en 'n klawesimbel, word hiermee opwindende nuwe moontlikhede vir kursusse, musiekprojekte
en konserte op Deelfontein ontsluit. |
 |
Saal nader voltooing (Julie 2012) |
Die Koepel
Kunstesentrum beskik teenswoordig oor twee seminaarkamers wat as
werksruimtes tydens kursusse en meestersklasse gebruik word. Om
groter groepe soos kore en orkeste te kan akkommodeer, word 'n
nuwe kompleks bestaande uit 'n saal en verskeie oefenkamers
gebou waar voorheen 'n skuur gestaan het. Die saal, met 'n
vloeroppervlak van meer as 200 vierkante meter en 'n groot
verhoog, sal ook aanwending vind in die maandelikse konserte wat
sedert die begin van die jaar in die konsertreeks "Koepel
Klassiek" aangebied word. Die mure is reeds tot dakhoogte
voltooi en slegs die dakkonstruksie en dak moet nog opgesit
word. |
 |
Forum vir Vroeë Musiek Afrika (Tweede semester 2012) |
Die uitvoering van
nie-hedendaagse musiek is gebonde aan die musiekvoorstellings en
instrumente wat ten tye van die komposisie gegeld het. Tot die
vyftigerjare van die vorige eeu was daar min sensitiwiteit vir
hierdie feit, en is alle musiek met die praktyke en instrumente
van die laat-romantiese era opgevoer. Sedertdien het die vroeë
musiek-beweging tot algemene aanvaarding onder die musici en by die
konsertpubliek gevorder. In Suid-Afrika is hierdie beweging nog
in sy kinderskoene. John Reid Coulter, Hans Huyssen en Gerhard
Benadé stel met die Forum vir Vroeë Musiek Afrika 'n podium vir die
bekendstelling van musici wat in hierdie gebied aktief is, daar.
In 2012 word vier kursusse in Vroeë
Musiek aangebied. |
 |
Antoinette Lohmann speel Vivaldi op Aardklop (Oktober
2011) |
Die meestersklasse
en konserte met die historiese opvoeringspraktyk van barokmusiek
as tema het reeds 'n tradisie van drie jaar by die Koepel
Kunstesentrum op Deelfontein. In September en Oktober 2010 is 11
konserte by die Aardklop Kunstefees en in Bloemfontein,
Johannesburg en Pretoria aangebied, onder andere die opera Acis en
Galatea van Händel. In 2011 is tydens die Barokprojek twee
konserte uit Vivaldi se Vier Seisoene deur die bekende
Nederlandse violiste Antoinette Lohmann uitgevoer, en kantates
van Händel deur die Kaapse sopraan Elsabe Richter. Die konserte
is met groot geesdrif deur die gehore ontvang. |
 |
Duitse houtblasers speel in die reeks "Koepel Klassiek" (Februarie 2012) |
Die duitse
houtblaastrio "Trio d'anches Würzburg", bestaande uit Jochen
Müller-Brincken (hobo)Manfred Lindner (klarinet) en Albrecht
Holder (fagot) het tydens hulle konsertreis in Suid-Afrika aan
die Koepel Kunstesentrum meestersklasse aangebied en 'n
sondagkonsert in die konsertreeks by Deelfontein gespeel. Hulle
program van werke van Mozart, Beethoven en Ibert het groot byval
by die gehoor gevind. Die trio het ook in Kaapstad by die Hugo
Lambrechts-sentrum meestersklasse aangebied, en 'n konsert in
die Enoch Sontongasaal in Pretoria. |
 |
Bergfietsroete op Deelfontein |
Die bergfietsroete op Deelfontein is intussen
stewig in die wedrenkalender ingeburger, met vier wedrenne in
2012. Daar word vir alle
fietryers voorsiening gemaak, van diegene wat die natuurskoon
van die Koepel se bosveld rustig op die fiets wil geniet, tot
ernstige ryers wat uitdagende tegniese roetes as
oefengeleentheid soek. Die roete bestaan uit 'n netwerk van fietspaadjies
wat
'n wye spektrum van moeilikheidsgrade dek, van ekstreem tegniese en
steil bergtrajekte tot skilderagtige paaie in die vallei, en bestaan uit 'n goed gebalanseerde kombinasie van
plaaspaaie en enkelspoorpaaie. Die fasiliteite sluit wasgeriewe,
braaiplek, 'n groot 15m swembad
en 'n sauna in.
|
 |
'n Orrelpositief vir historiese uitvoerings (Januarie 2012) |
Die nuutste
toevoeging tot die musikale infrastruktuur van die Koepel
Kunstesentrum is 'n orrelpositief met drie registers. Die orrel
is deur Markus Bauer in Duitsland gebou
en beskik oor 'n enkele manuaal en drie registers: Gedackt 8', Rohrflöte 4', Principal 2'.
Nadat 'n transponeerbare klawerbord ingerig is, sal dit vir
uitvoerings met historiese instrumente gebruik kan word, en die
vervoerbaarheid maak dit moontlik om nou ook 'n orrel in die
kontinuogroep vir die uitvoerings wat vanuit Deelfontein
georganiseer word, in te sluit. Die inwyding van die orrel sal
tydens die barokprojek met die besoekende Oostenrykse barokorkes
L'Orfeo plaasvind.
Konserte sal op Deelfontein en in Potchefstroom, Johannesburg en
Pretoria plaasvind. |
|