Bespreek asseblief per epos, SMS of telefoon minstens 24 uur vooraf. Die ingangshek word gesluit en daar is nòg by die hek, nog elders op die plaas telefoonontvangs.

 

Die padaanwysings is in die kolom regs en op die hoofblad beskikbaar. Druk asseblief die aanwysings uit en moenie op GPS alleen staatmaak nie. Daar is geen telefoniese hulp vir verdwaaldes nie.

 

 

  Deelfontein Veteraanmuseum

Op die plaas Deelfontein, geleë in die Vredefort Koepel Wêrelderfenisgebied, word 'n veteraanmuseum opgerig. Die gebou is tans onder konstruksie, maar 'n verskeidenheid van voertuie vorm reeds deel van die versameling. Voertuie is beskikbaar vir besigtiging of troues. Doen asseblief navraag.   

De Soto Airflow 1934

Thames Trader 1961

Mercedes Benz 180d 1959

Pontiac 1932

Fordson Dexta 1961

Volvo 122S 1965

 

 

Besprekings

 

Gerhard 083 280 9784

 

Web: deelfontein.co.za

gerhard(by)deelfontein.co.za

 

 

PADAANWYSINGS

 

 

Geriewe 

 

Op Deelfontein is daar kleedkamers, storte, braaigeriewe en  akkommodasie beskikbaar in twee gastehuise en 'n boskamp.